Please use this identifier to cite or link to this item: https://etd.cput.ac.za/handle/20.500.11838/2625
Title: Alternatiewe lae koste rioolstelsels
Authors: Rossouw, Pieter Arnold 
Keywords: Sewage -- Purification;Sewage, Urban;Civil engineering
Issue Date: 1992
Publisher: Cape Technikon
Abstract: Statistieke toon dat die bevolking in suid-Afrika binne die volgende 25 jaar gaan verdubbel, terwyl die stedelike bevolking gedurende dieselfde tyd gaan vervierdubbel. Daar word verwag dat die grootste bevolkingstoename in die lae inkomstegroep, waarvan die grootste deelongeskoold is, gaan plaasvind. Verskeie stede en dorpe in ons land kan uit ondervinding oor die afgelope 4 of 5 jaar getuig van die onaanvaarbare gesondheidsrisiko wat deur onbeheerde en onbeplande plakkery meegebring word. Aangesien konvensionele gravitasieriolering baie duur is om te installeer en die metodes wat vir die verwerking en suiwering van die afvalwater gebruik word soms 'n hoogs tegnologiese en dus duur grondslag het, is dit noodsaaklik om alternatiewe vorms van rioolverwydering en rioolsuiwering te ondersoek. Die klem moet val op 'n bekostigbare en geskikte alternatiewe vorm van sanitasie. uit hierdie ondersoek het dit geblyk dat rioolverwyderingstelsels hoofsaaklik in drie groepe verdeel kan word. Eerstens is daar die stelsels waar die riool op die terrein verwerk word, tweedens kan riool vanaf die terrein op 'n ander neutrale terrein verwerk word of, in die derde geval kan 'n kombinasie van die twee stelsels gebruik word. Die term 'verwerking op terrein' verwys na die verwerking of gedeeltelike verwerking van riool op terrein. Stelsels wat onder hierdie kategorie ressorteer, is gewoonlik die goedkoopste, maar hou in sommige gevalle 'n gesondheids- en besoedelingsgevaar in. Die volgende stelsels word onder hierdie kategorie geklassifiseer: Putlatrines, Giet-Spoel stelsels, Reid se reuklose klosette, Septiese tenks en Aqua- Privies
Description: Thesis (M.Dip. Tech (Civil Engineering))--Cape Technikon, 1992.
URI: http://hdl.handle.net/20.500.11838/2625
Appears in Collections:Civil Engineering & Surveying - Master's Degree

Files in This Item:
File Description SizeFormat 
8803188-Rossouw-Pieter Arnold-M.tech-Civil-Engineering-Eng-1992-97000270.pdfTheses76.36 MBAdobe PDFThumbnail
View/Open
Show full item record

Page view(s)

1,704
Last Week
1,703
Last month
1,703
checked on Feb 16, 2022

Download(s)

45
checked on Feb 16, 2022

Google ScholarTM

Check


This item is licensed under a Creative Commons License Creative Commons