Repository logo
  • English
  • Deutsch
  • Español
  • Français
Log In
New user? Click here to register.Have you forgotten your password?
  1. Home
  2. ETD - Faculty of Education
  3. Education - Masters Degrees
  4. Redes waarom leerders die skool verlaat : 'n gevallestudie van 'n spesifieke skool
 
Loading...
Thumbnail Image

Redes waarom leerders die skool verlaat : 'n gevallestudie van 'n spesifieke skool

Author(s)
Valentyn, Steven Nicolaas
Date Issued
2009
Type
Thesis
Publisher
Cape Peninsula University of Technology
Abstract
Baie leerders verlaat sekondêre skole voordat hulle by daardie spesifieke skool matrikuleer.
Sommige migreer bloot na ander skole terwyl ander hul opvoeding by skoolgebaseerde
Verdere Onderwys en Opleidingskolleges (VOO) voortsit of beroepsgerigte kursusse volg.
Navorsing het egter bewys dat baie leerders sekondêre skole verlaat en bloot dropouts word,
dit wil sê leerders wat nie hul opvoedingsloopbaan op een of ander manier voortsit nie.
Hierdie studie is daarop gefokus om, deur ’n gevallestudiebenadering, die redes waarom ’n
spesifieke sekondêre skool in die Wes-Kaap jaarliks hoë syfers van skoolverlatings beleef, te
identifiseer. ’n Deeglike literatuurondersoek het aan die lig gebring dat push out of school- en
pull out of school-faktore oorwegend die redes is waarom leerders skole verlaat. Uit die
literatuur kon ek ook identifiseer dat meer pull out of school-redes tot skoolverlatings gelei
het. My navorsing is binne die teoretiese raamwerk van push out of school- en pull out of
school-redes onderneem.
Ek het ’n gemengde-metodebenadering, wat kwantitatiewe en kwalitatiewe ondersoeke
ingesluit het, gevolg om data te bekom. Die navorsingsperiode was vir die eerste sewe
maande van 2008. Die instrumente wat aangewend is om data in te samel, sluit in vraelyste
wat na 80 skoolverlaters versprei is, semi-gestruktureerde onderhoude met 12 skoolverlaters
en hul ouers, asook ontleding van skooldokumentasie.
Die inligting vanuit die vraelyste word deur middel van grafieke (histogramme) aangebied,
ontleed en bespreek. Die inligting wat verkry was deur middel van onderhoude is in
tabelvorm saamgevat, in beskrywende vorm aangebied en tematies ontleed en bespreek.
Daar is bevind dat pull out of school–faktore, soos huislike omstandighede, swangerskap,
verhuising, siektes en groepdruk, sowel as push out of school-faktore soos onderprestasie,
graadherhaling, onveiligheid by die skool, die feit dat die leerder uitgesit was, weiering van
gesag en taalprobleme, tot skoolverlatings bygedra het. Aanbevelings rakende die bevindinge
tot die studie word in hoofstuk vyf uiteengesit.
Additional information
Thesis (MEd (Faculty of Education and Social Sciences))--Cape Peninsula University of Technology, 2009
Subjects

Dropouts -- South Afr...

High school dropouts ...

File(s)
Loading...
Thumbnail Image
Name

redes waarom leerders die skool verlaat.pdf

Size

2.09 MB

Format

Adobe PDF

Checksum

(MD5):52242860782083ecbd1b6cd793562233

  • Metrics
Get Involved!
  • Source Code
  • Documentation
  • Slack Channel
Make it your own

DSpace-CRIS can be extensively configured to meet your needs. Decide which information need to be collected and available with fine-grained security. Start updating the theme to match your Institution's web identity.

Need professional help?

The original creators of DSpace-CRIS at 4Science can take your project to the next level, get in touch!

Built with DSpace-CRIS software - Extension maintained and optimized by 4Science

  • Privacy policy
  • End User Agreement
  • Send Feedback
Repository logo COAR Notify