Repository logo
  • English
  • Deutsch
  • Español
  • Français
Log In
New user? Click here to register.Have you forgotten your password?
  1. Home
  2. ETD - Faculty of Education
  3. Education - Masters Degrees
  4. Vraagstellingspraktyk deur Grondslagfase-onderwysstudente tydens aanbieding van wiskundige probleemoplossing
 
Loading...
Thumbnail Image

Vraagstellingspraktyk deur Grondslagfase-onderwysstudente tydens aanbieding van wiskundige probleemoplossing

Author(s)
Steyn, Gina
Date Issued
2014
Type
Thesis
Publisher
Cape Peninsula University of Technology
Abstract
Die navorsingstudie is onderneem om ondersoek in te stel na die voorkoms van
vraagstellingspraktyk by Grondslagfase-onderwysstudente tydens die aanbieding van
wiskundige probleemoplossing. Die keuse van die navorsingsonderwerp is beïnvloed deur
my persoonlike beroepsveld as tersiêre Wiskunde Onderwysdosent vir Grondslagfaseonderwysstudente:
Hoe word vraagstellingspraktyk gebruik deur Grondslagfaseonderwysstudente
tydens die aanbieding van wiskundige probleemoplossing?
Wanneer die navorsingsonderwerp ontrafel word, word drie komponente onderskei, naamlik:
aanbieding van wiskundige probleemoplossing, die Grondslagfase-onderwysstudent se rol in
hermeneutiek en die voornemende opvoeder se vraagstellingspraktyk. Die
navorsingsonderwerp word ondersoek met ‘n geamalgameerde teoretiese lens. Die drie
opvoedkundige teorieë wat amalgameer om ‘n kaderlens van beskouing te vorm, is Skemp
se Teorie van Verbandhouding, Davis se Teorie van Enaktivisme en Bloom se Hersiene
Taksonomie. ‘n Uitgebreide literatuurstudie wat die navorsing fokus in bestaande literatuur, is
onderneem. Die verband tussen vraagstellingspraktyk, wiskundige probleemoplossing en die
vorming van begrip by die leerder word uitgelig.
Die navorsingstudie vergestalt in ‘n gevallestudie. Die spesifieke verskynsel is observeer in
die natuurlike omstandighede, deurdat lesaanbiedinge met wiskundige probleemoplossing as
fokus deur Grondslagfase-onderwysstudente gedoen is in ‘n graad 1-klaskamer. As
deelnemende observeerder het ek die gebruik van vraagstellingspraktyk waargeneem. Data
is ingesamel deur observasieblaaie, transkripsies, digitale opnames, lesplanne, individuele
vraelyste en ‘n fokusgroep-onderhoud.
‘n Kwalitatiewe ondersoek met ‘n interpretatiewe paradigma is onderneem. Ryk, kwalitatiewe
data is ingesamel. Die verkose navorsingsmetodologie het my gelei tot data-analisering deur
die proses van kodering, kategorisering en tematisering. Die verskynsel word beskryf deur
die gebruik van woordbeelde. Die verifikasie van data het maksimale aandag geniet deur
triangulasie. Etiese riglyne is getrou gevolg en verseker die verantwoordbaarheid van die
ondersoek.
Alhoewel internasionale en nasionale literatuur die belangrikheid van vraagstelling
beklemtoon om leerders te begelei tot begrip op hoëvlak-denke, word die vaardigheid om dit
toe te pas in wiskundige probleemoplossing nie noodwendig ingebou in
opleidingsprogramme vir onderwysstudente nie. Studente is bewus van die rigtinggewende
rol wat vraagstelling tydens wiskundige probleemoplossing speel, maar is onseker oor die
toepassing van gewenste vraagstellingspraktyk tydens lesaanbiedinge. Die gebruik van

effektiewe vraagstellingspraktyk tydens die aanbieding van wiskundige probleemoplossing
moet eksplisiet onderrig word aan Grondslagfase-onderwysstudente.
Additional information
Tesis ingehandig as voltooiing van vereistes vir die graad
“Master of Technology Education” Grondslagfase-Wiskunde
in die Fakulteit Onderwys en Sosiale Wetenskappe
by die “Cape Peninsula University of Technology”
2014
File(s)
Loading...
Thumbnail Image
Name

212214764_steyn_g_med_2014.pdf

Description
Thesis
Size

3.45 MB

Format

Adobe PDF

Checksum

(MD5):6d02e236ef023a33497ac5c1fd5ca0af

  • Metrics
Get Involved!
  • Source Code
  • Documentation
  • Slack Channel
Make it your own

DSpace-CRIS can be extensively configured to meet your needs. Decide which information need to be collected and available with fine-grained security. Start updating the theme to match your Institution's web identity.

Need professional help?

The original creators of DSpace-CRIS at 4Science can take your project to the next level, get in touch!

Built with DSpace-CRIS software - Extension maintained and optimized by 4Science

  • Privacy policy
  • End User Agreement
  • Send Feedback
Repository logo COAR Notify