Loading...
Grootouerrol-invloede op die akademiese funksionering en gedrag van hul grootmaakkleinkinders.
Author(s)
Booys, Henry Reginald Ruben
Date Issued
2014
Type
Thesis
Publisher
Cape Peninsula University of Technology
Abstract
‘n Verkennende studie met ‘n beskrywende inslag is gebruik om meer kennis en begrip oor grootouerrolle se invloed op kleinkinders wat hul grootmaak se akademiese funksionering en gedrag, te verkry. Verskillende faktore in die hedendaagse samelewing dra daartoe by dat grootouers verplig voel om hul kleinkinders te versorg en groot te maak - hierdie grootouergeleide huishoudings het ‘n impak op die akademiese werkverrigting en gedrag van hul kleinkinders wat hul grootmaak. Hierdie fenomeen is ‘n wêreldwye tendens wat ook in Suid-Afrika voorkom en het saam met die tekort aan literatuur, as motivering vir hierdie studie gedien. Die impak van die grootouergeleide huishoudings op die akademiese funksionering en gedrag van kleinkinders is in ‘n skoolgemeenskap in die Weskus onderwysdistrik, ondersoek. Die doel van die studie is om bruikbare informasie aan grootouers, opvoeders en skooladministrateurs te verskaf sodat meer effektiewe opvoeding en onderrig aan die kleinkinders verskaf kan word.
Additional information
Thesis (MTech (Education))--Cape Peninsula University of Technology, 2014.
File(s)![Thumbnail Image]()
Loading...
Name
210214872_Booys_HRH_MTech_MEd_edu_2015.pdf
Description
Thesis
Size
1.47 MB
Format
Adobe PDF
Checksum
(MD5):f182217f896bd44d5ad2d394bc2cf562
