Repository logo
  • English
  • Deutsch
  • Español
  • Français
Log In
New user? Click here to register.Have you forgotten your password?
  1. Home
  2. ETD - Faculty of Education
  3. Education - Masters Degrees
  4. Die invloed van onderrigstrategieë op die skolastiese prestasie van ʼn leerder wat gediagnoseer is met Asperger-sindroom
 
Loading...
Thumbnail Image

Die invloed van onderrigstrategieë op die skolastiese prestasie van ʼn leerder wat gediagnoseer is met Asperger-sindroom

Author(s)
Kotzé, Bianca
Date Issued
2015
Type
Thesis
Publisher
Cape Peninsula University of Technology
Abstract
Die beleidsdokument oor inklusiewe onderwys (South Africa. Department of Education, 2001) is in 2001 onderteken en in Suid-Afrika geïmplementeer. Die dokument beveel aan dat alle leerders die mees geskikte onderrig ontvang, maar as gevolg van die gaping wat tussen die ontwikkeling en implementering van die inklusiewe beleid bestaan, word nie alle leerders suksesvol in skole ingesluit nie. Sommige ouers besluit op alternatiewe skoolplasings en onderrig hulle kinders tuis, juis as gevolg van die onsuksesvolle insluiting van sommige leerders.
Die doel van die studie is om die invloed van sekere onderrigstrategieë op die skolastiese prestasie van ʼn leerder met Asperger-sindroom te bepaal. Hierdie studie is in die interpretatiewe paradigma ingebed, ʼn enkel gevallestudie is as navorsingsontwerp aangewend en die metodologie is kwalitatief van aard. Inhoudsanalise is gebruik om die data te analiseer. Die leerder in hierdie studie is gediagnoseer met Asperger-sindroom. Hierdie leerder is om verskeie redes nie suksesvol in skole ingesluit nie en daarom is die leerder tuis onderrig. Tydens die tuisonderrigproses het die navorser-opvoeder besef dat hierdie leerder op ʼn spesifieke manier leer en dink. Onderrigstrategieë is geïmplementeer en aangepas volgens die leerder se individuele onderrigbehoeftes. Die navorsingbevindinge dui aan dat die ontwikkeling en aanpassing van onderrigstrategieë wel ʼn positiewe invloed op die leerder in die studie se skolastiese prestasie gehad het. In hierdie studie is dit duidelik dat leerders met Asperger-sindroom wel ʼn spesifieke manier van dink en leer toon en dat opvoeders so ʼn leerder se spesifieke denkpatrone in ag moet neem tydens die aanpassing van onderrigstrategieë. Die onderrigstrategieë wat tydens hierdie studie ontwikkel is, kan moontlik vir ander leerders wat op die outistiese spektrum gediagnoseer is ook voordelig wees.
Additional information
Thesis (MEd)--Cape Peninsula University of Technology, 2015
Subjects

Asperger-sindroom

Onderrigstrategieë

Skolastiese prestasie...

File(s)
Loading...
Thumbnail Image
Name

Kotze_B_MEdu_2015.pdf

Description
Thesis
Size

2.61 MB

Format

Adobe PDF

Checksum

(MD5):aa955a3b8cb3edc91b3e77068ad86346

  • Metrics
Get Involved!
  • Source Code
  • Documentation
  • Slack Channel
Make it your own

DSpace-CRIS can be extensively configured to meet your needs. Decide which information need to be collected and available with fine-grained security. Start updating the theme to match your Institution's web identity.

Need professional help?

The original creators of DSpace-CRIS at 4Science can take your project to the next level, get in touch!

Built with DSpace-CRIS software - Extension maintained and optimized by 4Science

  • Privacy policy
  • End User Agreement
  • Send Feedback
Repository logo COAR Notify