Please use this identifier to cite or link to this item: https://etd.cput.ac.za/handle/20.500.11838/1889
Title: Gevallestudie van realistiese wiskudige benadering in getalbegrip 1-99
Authors: Cloete, Catharina Sandra Magdalena 
Keywords: Mathematics -- Study and teaching;Mathematics -- Research
Issue Date: 2009
Publisher: Cape Peninsula University of Technology
Abstract: Huidiglik is die uitslae van wiskunde in Suid-Afrika baie swak in vergelyking met ander lande. Selfs die meeste Afrika-Iande presteer beter, Die doel van hierdie studie is om die redes en gevolge vir hierdie swak prestasies vas te stel. Dit is ook die navorser se poging om 'n bydrae te lewer tot beter wiskundige ontwikkeling ten opsigte van getalbegrip in die Grondslagfase deur aanbevelings vir opvoeders daar te stel wat benut kan word om hierdie doel te verwesenlik. In die literatuurstudie is Konstruktivisme, soos gesien deur Piaget en Vygotsky, breedvoerig bespreek. Die Realistiese benadering tot wiskundige ontwikkeling in getalbegrip is ook bestudeer. Verder is gefokus op.verskeie aspekte wat wiskundige ontwikkeling beinvloed, Die rede vir graad een en twee leerders se swak getalbegrip van 1 tot 99 en 'n moontlike oplossing vir hierdie probleem gee aanleiding tot die volgende navorsingsvrae: Dien die Plannemakerprogram as 'n doeltreffende hulpmiddel vir grade een en twee opvoeders om leerders se getalbegrip 1 tot 99 te verbeter? en Verbeter die Realistiese benadering, 5005 gevolg in die Plannemakerprogram, leerders se getalbegrip 1 tot 99? 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik om die empiriese studie te voltooi. Vier skole in die Overberg-distrik, twee relatief groot en twee multi-graadskole, is gebruik. Gestruktureerde onderhoude is gevoer met ses graad een- en twee opvoeders en getalbegriptoetse is met hul leerders afgele, Die navorsingsresultate het getoon dat opvoeders wei riglyne benodig vir suksesvol!e ontwikkeling van getalbegrip in die Grondslagfase. Dit bevestig ook dat die grondlegging van goeie getalbegrip in graad een gele word en indien leemtes in hierdie belangrike aanvangsjaar ontstaan, leerders vorentoe probleme ondervind. Leerders by skole een en drie, waar die Plannemakerprogram gevolg is, se uitslae is heelwat hoer as skole twee en vier waar opvoeders ander benaderings gevolg het. Die uitslae van skool een se graad twee leerders, waar die Plannemakerprogram reeds vanaf graad een gevolg is, is ook beduidend hoer as skool drie waar die Plannemakerprogram slegs vanaf graad twee gevolg is. Hierdie navorsingstudie ondersoek, analiseer en bespreek die resultate met aanbevelings.
Description: Thesis (MTech (Education))--Cape Peninsula University of Technology, 2009
URI: http://hdl.handle.net/20.500.11838/1889
Appears in Collections:Education - Masters Degrees

Files in This Item:
File Description SizeFormat 
Gavallestudie van realistiese wiskundige Ben Adering in get albegrip 1-99.pdf5.32 MBAdobe PDFThumbnail
View/Open
Show full item record

Page view(s)

822
Last Week
688
Last month
688
checked on Feb 16, 2022

Download(s)

1,343
checked on Feb 16, 2022

Google ScholarTM

Check


This item is licensed under a Creative Commons License Creative Commons