Please use this identifier to cite or link to this item: https://etd.cput.ac.za/handle/20.500.11838/1907
Title: Redes waarom leerders die skool verlaat : 'n gevallestudie van 'n spesifieke skool
Authors: Valentyn, Steven Nicolaas 
Keywords: Dropouts -- South Africa;High school dropouts -- South Africa
Issue Date: 2009
Publisher: Cape Peninsula University of Technology
Abstract: Baie leerders verlaat sekondêre skole voordat hulle by daardie spesifieke skool matrikuleer. Sommige migreer bloot na ander skole terwyl ander hul opvoeding by skoolgebaseerde Verdere Onderwys en Opleidingskolleges (VOO) voortsit of beroepsgerigte kursusse volg. Navorsing het egter bewys dat baie leerders sekondêre skole verlaat en bloot dropouts word, dit wil sê leerders wat nie hul opvoedingsloopbaan op een of ander manier voortsit nie. Hierdie studie is daarop gefokus om, deur ’n gevallestudiebenadering, die redes waarom ’n spesifieke sekondêre skool in die Wes-Kaap jaarliks hoë syfers van skoolverlatings beleef, te identifiseer. ’n Deeglike literatuurondersoek het aan die lig gebring dat push out of school- en pull out of school-faktore oorwegend die redes is waarom leerders skole verlaat. Uit die literatuur kon ek ook identifiseer dat meer pull out of school-redes tot skoolverlatings gelei het. My navorsing is binne die teoretiese raamwerk van push out of school- en pull out of school-redes onderneem. Ek het ’n gemengde-metodebenadering, wat kwantitatiewe en kwalitatiewe ondersoeke ingesluit het, gevolg om data te bekom. Die navorsingsperiode was vir die eerste sewe maande van 2008. Die instrumente wat aangewend is om data in te samel, sluit in vraelyste wat na 80 skoolverlaters versprei is, semi-gestruktureerde onderhoude met 12 skoolverlaters en hul ouers, asook ontleding van skooldokumentasie. Die inligting vanuit die vraelyste word deur middel van grafieke (histogramme) aangebied, ontleed en bespreek. Die inligting wat verkry was deur middel van onderhoude is in tabelvorm saamgevat, in beskrywende vorm aangebied en tematies ontleed en bespreek. Daar is bevind dat pull out of school–faktore, soos huislike omstandighede, swangerskap, verhuising, siektes en groepdruk, sowel as push out of school-faktore soos onderprestasie, graadherhaling, onveiligheid by die skool, die feit dat die leerder uitgesit was, weiering van gesag en taalprobleme, tot skoolverlatings bygedra het. Aanbevelings rakende die bevindinge tot die studie word in hoofstuk vyf uiteengesit.
Description: Thesis (MEd (Faculty of Education and Social Sciences))--Cape Peninsula University of Technology, 2009
URI: http://hdl.handle.net/20.500.11838/1907
Appears in Collections:Education - Masters Degrees

Files in This Item:
File Description SizeFormat 
redes waarom leerders die skool verlaat.pdf2.14 MBAdobe PDFThumbnail
View/Open
Show full item record

Page view(s)

1,100
Last Week
1,010
Last month
1,010
checked on Feb 16, 2022

Download(s)

5,353
checked on Feb 16, 2022

Google ScholarTM

Check


This item is licensed under a Creative Commons License Creative Commons