Please use this identifier to cite or link to this item: https://etd.cput.ac.za/handle/20.500.11838/1953
Title: Vraagstellingspraktyk deur Grondslagfase-onderwysstudente tydens aanbieding van wiskundige probleemoplossing
Authors: Steyn, Gina 
Issue Date: 2014
Publisher: Cape Peninsula University of Technology
Abstract: Die navorsingstudie is onderneem om ondersoek in te stel na die voorkoms van vraagstellingspraktyk by Grondslagfase-onderwysstudente tydens die aanbieding van wiskundige probleemoplossing. Die keuse van die navorsingsonderwerp is beïnvloed deur my persoonlike beroepsveld as tersiêre Wiskunde Onderwysdosent vir Grondslagfaseonderwysstudente: Hoe word vraagstellingspraktyk gebruik deur Grondslagfaseonderwysstudente tydens die aanbieding van wiskundige probleemoplossing? Wanneer die navorsingsonderwerp ontrafel word, word drie komponente onderskei, naamlik: aanbieding van wiskundige probleemoplossing, die Grondslagfase-onderwysstudent se rol in hermeneutiek en die voornemende opvoeder se vraagstellingspraktyk. Die navorsingsonderwerp word ondersoek met ‘n geamalgameerde teoretiese lens. Die drie opvoedkundige teorieë wat amalgameer om ‘n kaderlens van beskouing te vorm, is Skemp se Teorie van Verbandhouding, Davis se Teorie van Enaktivisme en Bloom se Hersiene Taksonomie. ‘n Uitgebreide literatuurstudie wat die navorsing fokus in bestaande literatuur, is onderneem. Die verband tussen vraagstellingspraktyk, wiskundige probleemoplossing en die vorming van begrip by die leerder word uitgelig. Die navorsingstudie vergestalt in ‘n gevallestudie. Die spesifieke verskynsel is observeer in die natuurlike omstandighede, deurdat lesaanbiedinge met wiskundige probleemoplossing as fokus deur Grondslagfase-onderwysstudente gedoen is in ‘n graad 1-klaskamer. As deelnemende observeerder het ek die gebruik van vraagstellingspraktyk waargeneem. Data is ingesamel deur observasieblaaie, transkripsies, digitale opnames, lesplanne, individuele vraelyste en ‘n fokusgroep-onderhoud. ‘n Kwalitatiewe ondersoek met ‘n interpretatiewe paradigma is onderneem. Ryk, kwalitatiewe data is ingesamel. Die verkose navorsingsmetodologie het my gelei tot data-analisering deur die proses van kodering, kategorisering en tematisering. Die verskynsel word beskryf deur die gebruik van woordbeelde. Die verifikasie van data het maksimale aandag geniet deur triangulasie. Etiese riglyne is getrou gevolg en verseker die verantwoordbaarheid van die ondersoek. Alhoewel internasionale en nasionale literatuur die belangrikheid van vraagstelling beklemtoon om leerders te begelei tot begrip op hoëvlak-denke, word die vaardigheid om dit toe te pas in wiskundige probleemoplossing nie noodwendig ingebou in opleidingsprogramme vir onderwysstudente nie. Studente is bewus van die rigtinggewende rol wat vraagstelling tydens wiskundige probleemoplossing speel, maar is onseker oor die toepassing van gewenste vraagstellingspraktyk tydens lesaanbiedinge. Die gebruik van effektiewe vraagstellingspraktyk tydens die aanbieding van wiskundige probleemoplossing moet eksplisiet onderrig word aan Grondslagfase-onderwysstudente.
Description: Tesis ingehandig as voltooiing van vereistes vir die graad “Master of Technology Education” Grondslagfase-Wiskunde in die Fakulteit Onderwys en Sosiale Wetenskappe by die “Cape Peninsula University of Technology” 2014
URI: http://hdl.handle.net/20.500.11838/1953
Appears in Collections:Education - Masters Degrees

Files in This Item:
File Description SizeFormat 
212214764_steyn_g_med_2014.pdfThesis3.53 MBAdobe PDFThumbnail
View/Open
Show full item record

Page view(s)

1,255
Last Week
1,106
Last month
1,106
checked on Feb 16, 2022

Download(s)

1,422
checked on Feb 16, 2022

Google ScholarTM

Check


Items in Digital Knowledge are protected by copyright, with all rights reserved, unless otherwise indicated.