Please use this identifier to cite or link to this item: https://etd.cput.ac.za/handle/20.500.11838/1961
Title: Die invloed van onderrigstrategieë op die skolastiese prestasie van ʼn leerder wat gediagnoseer is met Asperger-sindroom
Authors: Kotzé, Bianca 
Keywords: Asperger-sindroom;Onderrigstrategieë;Skolastiese prestasie
Issue Date: 2015
Publisher: Cape Peninsula University of Technology
Abstract: Die beleidsdokument oor inklusiewe onderwys (South Africa. Department of Education, 2001) is in 2001 onderteken en in Suid-Afrika geïmplementeer. Die dokument beveel aan dat alle leerders die mees geskikte onderrig ontvang, maar as gevolg van die gaping wat tussen die ontwikkeling en implementering van die inklusiewe beleid bestaan, word nie alle leerders suksesvol in skole ingesluit nie. Sommige ouers besluit op alternatiewe skoolplasings en onderrig hulle kinders tuis, juis as gevolg van die onsuksesvolle insluiting van sommige leerders. Die doel van die studie is om die invloed van sekere onderrigstrategieë op die skolastiese prestasie van ʼn leerder met Asperger-sindroom te bepaal. Hierdie studie is in die interpretatiewe paradigma ingebed, ʼn enkel gevallestudie is as navorsingsontwerp aangewend en die metodologie is kwalitatief van aard. Inhoudsanalise is gebruik om die data te analiseer. Die leerder in hierdie studie is gediagnoseer met Asperger-sindroom. Hierdie leerder is om verskeie redes nie suksesvol in skole ingesluit nie en daarom is die leerder tuis onderrig. Tydens die tuisonderrigproses het die navorser-opvoeder besef dat hierdie leerder op ʼn spesifieke manier leer en dink. Onderrigstrategieë is geïmplementeer en aangepas volgens die leerder se individuele onderrigbehoeftes. Die navorsingbevindinge dui aan dat die ontwikkeling en aanpassing van onderrigstrategieë wel ʼn positiewe invloed op die leerder in die studie se skolastiese prestasie gehad het. In hierdie studie is dit duidelik dat leerders met Asperger-sindroom wel ʼn spesifieke manier van dink en leer toon en dat opvoeders so ʼn leerder se spesifieke denkpatrone in ag moet neem tydens die aanpassing van onderrigstrategieë. Die onderrigstrategieë wat tydens hierdie studie ontwikkel is, kan moontlik vir ander leerders wat op die outistiese spektrum gediagnoseer is ook voordelig wees.
Description: Thesis (MEd)--Cape Peninsula University of Technology, 2015
URI: http://hdl.handle.net/20.500.11838/1961
Appears in Collections:Education - Masters Degrees

Files in This Item:
File Description SizeFormat 
Kotze_B_MEdu_2015.pdfThesis2.67 MBAdobe PDFThumbnail
View/Open
Show full item record

Page view(s)

2,167
Last Week
1,695
Last month
1,695
checked on Feb 16, 2022

Download(s)

1,911
checked on Feb 16, 2022

Google ScholarTM

Check


This item is licensed under a Creative Commons License Creative Commons