Repository logo
  • English
  • Deutsch
  • Español
  • Français
Log In
New user? Click here to register.Have you forgotten your password?
  1. Home
  2. ETD - Faculty of Education
  3. Education - Masters Degrees
  4. Riglyne vir die effektiewe onderrig van leesbegripstrategieë in die seniorfase
 
Loading...
Thumbnail Image

Riglyne vir die effektiewe onderrig van leesbegripstrategieë in die seniorfase

Author(s)
Klopper, Betsie
Date Issued
2012
Type
Thesis
Publisher
Cape Peninsula University of Technology
Abstract
Statistiek uit die “Progress in International Reading Literacy Study” (PIRLS 2006) en die nasionale sistemiese toetse toon ongetwyfeld dat Suid-Afrika tans in ‘n verknorsing rakende geletterdheid is. Bykans negentig persent van alle deelnemende graad 4- en tagtig persent van alle graad 5-leerders kon gedurende die PIRLS-evaluerings nie die mas opkom om op die laagste aanvaarbare vlak van leesvaardigheid vir hul graad te presteer nie. Hieruit blyk dit duidelik dat veranderinge in die huidige benadering tot leesonderrig broodnodig is.
Die doel van hierdie studie is om riglyne vas te stel wat die effektiewe onderrig van leesbegripstrategieë in Suid-Afrika, in die seniorfase, moontlik sal maak.
In dié studie is ‘n kwalitatiewe benadering gevolg en ‘n deelnemende aksienavorsingsprojek is onderneem waartydens die navorser bogenoemde leesbegripstrategieë eksplisiet aan ‘n groep graad 7-leerders onderrig het deur middel van transaksionele onderrig.
Die noukeurige analise van die summatiewe en formatiewe assesserings, sowel as die waarnemings van die navorser, het ‘n merkbare verbetering getoon in die strategiegebruik van beide bekwame, sowel as sukkelende lesers. ‘n Definitiewe positiewe houdingsverandering ten opsigte van lees oor die algemeen was ook duidelik.
Hierdie studie het belangrike beginsels blootgelê wat in berekening gebring moet word wanneer onderrig van hierdie aard oorweeg word en het sonder twyfel getoon dat die eksplisiete onderrig van leesbegripstrategieë ‘n werkbare oplossing bied vir die probleme rakende geletterdheid wat tans binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ondervind word.
Additional information
Die tesis is voorgelê ter verwerwing van die graad: Magister in Opvoedkunde aan die:
Cape Peninsula University of Technology
2012
Subjects

Reading comprehension...

Learning strategies -...

File(s)
Loading...
Thumbnail Image
Name

Betsie Klopper_205053696_RIGLYNE VIR DIE EFFEKTIEWE ONDERRIG.pdf

Description
Thesis
Size

11.01 MB

Format

Adobe PDF

Checksum

(MD5):bb206b3324dbc18f52b0b88f91c94260

  • Metrics
Get Involved!
  • Source Code
  • Documentation
  • Slack Channel
Make it your own

DSpace-CRIS can be extensively configured to meet your needs. Decide which information need to be collected and available with fine-grained security. Start updating the theme to match your Institution's web identity.

Need professional help?

The original creators of DSpace-CRIS at 4Science can take your project to the next level, get in touch!

Built with DSpace-CRIS software - Extension maintained and optimized by 4Science

  • Privacy policy
  • End User Agreement
  • Send Feedback
Repository logo COAR Notify