Loading...
ʼn Ondersoek na die ondersteuning aan ongeletterde ouers wie se kind ʼn leerinperking ervaar
Author(s)
Cilliers, Debbie
Date Issued
2014
Type
Thesis
Publisher
Cape Peninsula University of Technology
Abstract
Suid-Afrikaanse leerders vaar teleurstellend in lees en wiskunde gemeet aan leerders van ander lande. Die Departement van Basiese Onderwys se deurvoersyfer is baie swak en bykans die helfte van die leerders wat met hul skoolopleiding begin het, voltooi dit nie. Verskeie programme en aksies word deur die Departement van Onderwys, asook nieregeringsorganisasies geloods om hierdie probleem te bowe te kom en ook om die leerders se vordering te meet. Landelike gebiede in Suid-Afrika ondervind die grootste voorkoms van armoede en ongeletterdheid. ʼn Groot aantal leerders in landelike skole ervaar leerinperkings en benodig ekstra ondersteuning. Die internasionale en nasionale beginsel van Inklusiewe Onderwys as onderwysstelsel beveel onderwys vir almal en ouerbetrokkenheid ten sterkste aan. Hierdie studie ondersoek die ondersteuning aan ongeletterde ouers wie se kind ʼn leerinperking ervaar. ʼn Vennootskap tussen skool en huis het ʼn positiewe impak vir al die rolspelers – die skool, die leerder en die ouers. Die doel van hierdie studie is om die aard en die mate van ondersteuning, as deel van so ʼn vennootskap met ongeletterde ouers, vas te stel wanneer hul kind ʼn leerinperking ervaar, om hulle in staat te stel om hul kind tuis te kan ondersteun met sy akademie. Binne ’n interpretatiewe navorsingsparadigma is ʼn kwalitatiewe navorsingsbenadering gebruik. Data is ingesamel deur ʼn literatuuroorsig, semi-gestruktureerde individuele en fokusgroep-onderhoude, publieke dokumentasie en veldnotas. Data-analise het deur middel van ʼn induktiewe proses plaasgevind.
Die navorsingsbevindinge dui daarop dat ongeletterde ouers in landelike skole beperkte ondersteuning ontvang oor hoe om hul kind met die leerinperking te help met sy struikelblok tot leer. Verskeie aanbevelings na afloop van die navorsingsbevindinge het ten doel om ongeletterde ouers van landelike skole te bemagtig om hul kind met die leerinperking te ondersteun.
Die navorsingsbevindinge dui daarop dat ongeletterde ouers in landelike skole beperkte ondersteuning ontvang oor hoe om hul kind met die leerinperking te help met sy struikelblok tot leer. Verskeie aanbevelings na afloop van die navorsingsbevindinge het ten doel om ongeletterde ouers van landelike skole te bemagtig om hul kind met die leerinperking te ondersteun.
Additional information
Thesis (MEd)--Cape Peninsula University of Technology, 2014
File(s)![Thumbnail Image]()
Loading...
Name
Cilliers_D_MEdu_2014.pdf
Description
Thesis
Size
1.99 MB
Format
Adobe PDF
Checksum
(MD5):9ca082a2cd44baaf857fca1fcbf49ad4
