Repository logo
  • English
  • Deutsch
  • Español
  • Français
Log In
New user? Click here to register.Have you forgotten your password?
  1. Home
  2. ETD - Faculty of Education
  3. Education - Masters Degrees
  4. Die ontwikkeling van kriteria waarmee sosiale weteskappe-onderrigmateriaal (graad sewe) : opgestel kan word om te verseker dat selfgerigte leer bevorder word
 
Loading...
Thumbnail Image

Die ontwikkeling van kriteria waarmee sosiale weteskappe-onderrigmateriaal (graad sewe) : opgestel kan word om te verseker dat selfgerigte leer bevorder word

Author(s)
Gomes, Martin Luther
Date Issued
2007
Type
Thesis
Publisher
Cape Peninsula University of Technology
Abstract
Daar kan nie van leerders (wat geleer is wat om te leer, hoe om dit te leer, wanneer en waar om dit te leer) verwag word om skielik verantwoordelikheid vir hulle eie leer in ons moderne informasie-era te aanvaar nie. Die probleem is dat die leerders nie blootgestel of die geleentheid gebied word om hulle eie leer te bestuur nie. Daarom moet onderrigmateriaal verseker dat die leerders blootgestel word aan die geleentheid om hulle eie leer te bestuur. Deur die gebruik van bestaande onderrigmateriaal, wat nie selfgerigte leer (SGL) koester me, kan leerders geforseer word om afbanklike leerders te bly en nie te ontwikkel tot lewenslange en selfgerigte leerders (leerders wat bevoeg is om op hulle eie te kan leer) nie. Verder veroorsaak die gebruik van bestaande onderrigmateriaal deur opvoeders dat die unieke behoeftes van die leerders in 'n klas nie in ag geneem word nie en dat opvoedergerigte leer in plaas van selfgerigte leer bevorder en aangemoedig word. Die rede hiervoor is dat opvoeders, weens 'n gebrek aan kennis van SGL, nie van beter weet nie. Die betroubaarheid van selfgerigte leer word versterk wanneer die opvoeders en die skeppers van onderrigmateriaal 'n deeglike begrip en kennis van die SGL-proses het. Die primere doel van hierdie navorsing is om kriteria te ontwikkel, wat as 'n riglyn kan dien om onderrigmateriaal wat SGL koester te ontwikkel- dus materiaal wat rigting aan die leerders gee om hulle eie leer te bestuur. Die kriteria is gevorm na aanleiding van 'n literatuurstudie van bestaande navorsing oor SGL en kundiges se evaluering van die kriteria. Na aanleiding van die kundiges se kommentaar is onderrigmateriaal, wat SGL koester, ontwikkel en weer aan die kundiges vir evaluering voorgele.
Additional information
Thesis (MTech (Education))--Cape Peninsula University of Technology, 2007
Subjects

Self-directed learnin...

School children -- At...

Motivation in educati...

File(s)
Loading...
Thumbnail Image
Name

Die ontwikkeling van kriteria.pdf

Size

4.09 MB

Format

Adobe PDF

Checksum

(MD5):3c4c4b5d17b4ebe2aab10707180404f5

  • Metrics
Get Involved!
  • Source Code
  • Documentation
  • Slack Channel
Make it your own

DSpace-CRIS can be extensively configured to meet your needs. Decide which information need to be collected and available with fine-grained security. Start updating the theme to match your Institution's web identity.

Need professional help?

The original creators of DSpace-CRIS at 4Science can take your project to the next level, get in touch!

Built with DSpace-CRIS software - Extension maintained and optimized by 4Science

  • Privacy policy
  • End User Agreement
  • Send Feedback
Repository logo COAR Notify